Sunday, September 11, 2016

Report Back #42: Alex Basson

Alex Basson, 1931 – 2016

My grootste avontuur en liefde wat lewenslank sou duur, het begin toe ek so elf of twaalf jaar oud was. My pa het elke einde van die jaar na oesaf vir sy arbeiders veertien dae verlof gegee. Nou, die twee wat my geintereseer het, was outa Adoons en outa Abraham. Hulle twee het gewoonlik vir hulle verlof die Sederberge ingevaar om te gaan boegoe pluk.  En ek wou saam! My ouers het toestemming gegee en ek het my knapsak gepak. My pa gee toe vir ons die perdekar met twee mooi swart perde. Hiermee is ons toe voort oor Kleinjongens-kraal tot by Syferfontein waar ons die perde en die kar gelos het. Hiervandaan moes ons nou voetslaan. Eers is ons na Perdevlei en daarna na Riempie se Gat. In die gebied was boegoe volop. Saans by die kampvuur het ons wye geselskap gehad. Die besoekers, meestal uit die Wupperthal gebied, was in die berg om ’n verskeidenheid van redes. So was daar onder andere boegoemakers, sederhoutbewerkers, klipbosbas versamelaars, rooitee en  heuningtee oesters, ens, ens. En watter geselskap was dit nie! So het ek elke plek se spookstorie leer ken asook die vele mitiese figure uit hulle volkskennis. Hulle het my geleer oor hulle veldkos asook die verskeidenheid veldmedisyne. Die verskillende rotsskuilings se geheime is aan my verklap en nog vele meer.
(see translation below)

Please note details of the Memorial Service at 10 am on Sunday 25 September
at Kleine Zalze

We returned last week from the Cederberg to the sad news that the estimable, wonderful Alex Basson had died. According to Pieter Malan he suffered a fall from which he never recovered. Alex was not only a doyen of the Cederberg, he was the much-loved teacher of thousands of children down the years. His contribution to mapping the Cederberg has been incalculable ... but I shall leave it to Pieter Malan to say what needs to be said, so much better than I can say it ...

Alex Basson – known variously as Alex, Lex, the Mountain Man or just OuToppie – passed away on the 3rd of September. 
Alex was born on January 24, 1931 on a farm on the Swartland side of the Piekenierkloof Pass. His first introduction to the Cederberg came as a young boy, when his father allowed him to accompany farm workers on their annual boegoe-making trips to the Cederberg. They would travel with a cart and horses to Citrusdal and then on to Citrusdal Boskloof from where they would take to the higher slopes. It was on the first of these trips that Alex met Wit Andries Nieuwoudt, a friendship that in many ways changed his life not unlike the way in which he would later change other lives.
After completing his studies at UCT Alex started teaching and for next few decades he would spent virtually every school holiday taking youngsters walking and climbing in the Cederberg. 
Dit was ook soos ek vir Alex ontmoet het. As ’n 13-jarige seun in die vroeë 1980’s, terwyl ek saam met vriende in Algeria gekampeer het. Alex het destyds onder die akkerbome langs die swemgat gekamp – gewoonlik saam met ’n horde “pikkies”, soos hy altyd na die seuns saam met hom verwys het. 
Na sy aftrede in die laat 1980’s het die meeste pikkies verdwyn, en het ek en Rina Rau sy gereelde klimmaats geword.  Vandag is dit vir my moeilik om aan enige toneel in die Cederberg te dink sonder Alex wat iewers onder ’n waboom sit en rook. 
Hy het die berg soos die palm van sy hand geken. Die afgelope paar jaar, lank nadat die bene ingegee het en hy nie meer so ver kon loop nie, het dit my steeds stomgeslaan hoe hy ’n plek in die berg – en die pad soontoe – in die grootste detail kon verduidelik. In sy gedagtes kon hy presies daarop afloop en elke belangrike rots en baken op pad soontoe onthou. Solank jy net nie vir hom gevra het om vir jou op ’n kaart te wys waar dit was nie. In die amper 30 jaar dat ek saam met hom geloop het, het ek nooit ’n kaart in sy rugsak gesien nie (en, moet ek byvoeg, het ons bitter selde op enige voetpad geloop).
Later het my vriendin, uiteindelik my vrou, ook begin saamkom. ’n Storie – oor twee vliegrampe, een in die Pakhuis en een in Elandsbaai – wat Alex een aand vir ons vertel het terwyl ons in ons slaapsakke langs die ou brug in Kliphuis in die Pakhuispas gelê het, het uiteindelik die inspirasie vir Sonja (Loots) se eerste roman, Spoor, geword.
Die storie oor Alex, en sy verhouding met die Cederberg, is onvoltooid sonder ’n verwysing na die rol wat Peter Slingsby die afgelope paar jaar gespeel het om hom te oorreed om sy kennis te deel vir Peter se onontbeerlike stel Cederberge kaarte. Alex kon by tye taamlik hardkoppig en jaloers waak oor “sy” berg, en die feit dat hy bereid was om talle van sy gunstelinge plekke met Peter te deel het uiteindelik beteken dat soveel meer mense as die pikkies wat destyds die voorreg gehad het om saam met hom te loop, nou in daardie vreugde kan deel.
Alex is nooit getroud nie en word oorleef deur ’n skoonsuster en drie broerskinders.
Pieter Malan
3 September 2016


Rudolf Andrag sent me this cutting, of a letter to Die Burger from Alex in 1984, when the Cederberg was under the threat of a takeover by SA National Parks. The passion in the letter says it all ... [click on the photo to enlarge it].


Many years ago Alex told me of one of the most memorable people he had met in his long life. “I remember a good looking but lonely man with a Gladstone bag,” Alex told me. “I was six or seven at the time, and he was a doctor visiting my parents’ farm. He would sit down on the back stoep and put me on his lap. Then he would take his secrets out of his bag and show them to me – bush syrup or koekemakranka, or a variety of bulbs and other plants. I told him that I wanted an aeroplane for my next birthday. He told me to write a letter to Minister Oswald Pirow, and he promised to deliver it for me. Eventually I got a very friendly reply from the Minister, but no aeroplane!”
The good looking, lonely man was, of course, Dr C. Louis Leipoldt himself. Alex met many other extraordinary people in the Cederberg; I shall let him conclude in his own words ...

’n GROOT DANKIE!!!!!!
Ek wil graag ter afsluiting dankie se aan die Voorsienigheid wat so goed vir my was om my in my lewe die voorreg te gee om oomblikke en geleenthede te deel met ’n paar groot geeste wat my lewe geweldig verryk het.   Onder hulle was bv. Helmuth Andrag, wat moontlik die fikste man was met wie ek ooit saam gestap het.   Dan was daar ou Frederik Joubert, die donkieman.   Destyds kon hy met sy span donkies, stappers deur die berg lei ... Ek het reeds vertel hoe ek as jong seun kennis gemaak het met Oom Wit Andries Nieuwoudt. Hy was ’n gewone boer, maar ook ’n filosoof met ’n wye algemene kennis ...  Dit was ’n groot voorreg om hom as vriend te hê en om sy geselskap te geniet.
As jong onderwyser in die Kaap het ek by die Bergklub van Suid-Afrika aangesluit.   Dit het vir my baie deure oopgemaak, en het vir my ook baie voordele ingehou ... so het die wonderlike voorreg my toe voorgedoen toe ek vir niemand anders nie as Henno Martin, skrywer van Vlug in die Namib, Sederberg toe moes neem ... stel jou voor : aande om die vuur in die Sederberge met Marthinus Versfeld en W.A. de Klerk in jou geselskap! Dan was daar Uys Krige ... Dan was daar die Zimris, die Ockhuise, die Hanekoms en die Moutons van Wupperthal se mense. Wit Andries, Swart Andries, Leipoldt, Ruiter Syster, Ou Peerus, Pieter Boom, Dr. Nortier, Frederick Joubert, Ghôboom.
  Julle was die sout van die aarde!  Wees gegroet. Totsiens!

Totsiens, Alex. It was an absolute privilege to have known you, to have had your insights into the Cederberg before me, to have had your expert skill editing with Pieter my map that you so enriched. We offer our condolences to your family and your huge circle of friends.
– Peter Slingsby

Translation of Alex’s opening words:
My greatest adventure and love that lasted my whole life began when I was eleven or twelve years old. Every year after the harvest my father would give his labourers fourteen days leave. The two who interested me were outa Adoons and outa Abraham. These two usually went into the Cederberg for their leave, to pick buchu. I wanted to go with them! My parents agreed and I packed my knapsack. My father let us use the cart with two fine black horses. We set off over Kleinjongenskraal to Syferfontein, where we left the horses and cart – from here we had to hike. First we hiked to Perdevlei and then to Riempie se Gat. There was plenty of buchu in that area. In the evenings we had a wide variety of company. Most of the visitors were from the Wupperthal area, in the mountains for many reasons. There were buchu gatherers, woodcutters, rockwood bark collectors, harvesters of rooibos and honey tea, and so on. What a company that was! There I learned of every place’s ghost story, and the many mythical figures from their folklore. They taught me about veldkos and the uses of different medicinal herbs. The secret location of many rock shelters were divulged to me, and much, much more.